notícias musicais

top 13 artistas

top 13 musicas

Confira a Letra Kyk Noord

Fokofpolisiekar

Kyk Noord

Dis als te vergeefs
Hoe meer ek daaroor dink
Hoe meer moet ek vergeet
Daar's net een ry spore
Dis redelik vanselfsprekend
Maar daar's sand tussen my tone

Dis al wat ek benodig
Die vars lug in Desember
En die wind deur die bome

Nou fok ek net voort
Ek verbeel my ek kan op water loop
'n Vlietende plato
Die helderheid van jeug verloor

Ek's 'n agtergeblewene
Op die grasvelde van my kinderdae
Hier is daar geen vuiste
'n Voortbestaan is al wat ek vra
Ek staan 'n swerwerskans
Die kilometers lag en my gesig dra die lyne

Hou net stil
Die mes sny al hoe dieper
Hoe harder jy spartel
Tyd sal jou vergewe
Ek weet die dood gaan my vind

Tracker